TUINROETE NUUS - 'n Vrou van Oudtshoorn was vanmiddag gelukkig om met slegs 'n skrapie aan haar arm uit haar Polo te klim nadat dit op die Oudtshoorn-pad gerol het.
Die vrou was na Oudtshoorn onderweg toe 'n band vermoedelik gebars het.
Die motor het 'n grondwal langs die pad getref, gerol en op die sykant te lande gekom. Die botsing is op 'n motoris se kamera vasgevang.
Die vrou se volwasse kinders was minute na die botsing op die toneel.
Die botsing het tussen 14:30 en 15:00 plaasgevind.
Kyk 'n video op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'