Uitstallings van die oorspronklike glasmedisynebottels, negosieware en toiletware-artikels in ‘n glaska-binet in die apteek is vir die Van der Merwes net so kosbaar soos hul onderneming self.
Ongelukkig is die geskiedenis van die apteek blykbaar nie formeel aangeteken nie.
Een ding is egter gewis, dit was een van die eerste apteke op die dorp.
Wat Jannie met sekerheid kan sê, is dat mnr. AJ Morris die apteek van meet af aan besit het, en verder kon hy aflei dat die onderneming in die veertigerjare as ‘n groothandelaar en verspreidingspunt gedien het vir farmaseutiese produkte.
Daar is klinkklare bewys dat die winkel vergroot is tot dubbel sy oorspronklike grootte. In ‘n stadium het die pragtige houtvertoonvensters met fyn loodglas en houtdeurrame gesneuwel om plek te maak vir ‘n moderne glasvenster en deur. Die winkel langsaan (wat ‘n spieëlbeeld van die apteek was) het nog sy oorspronklike houtrame.
Raaisel
Die grootste raaisel vir Jannie toe hy in 1998 die besigheid oorgeneem het, was toe hy die oorspronklike apteekregisters nagaan en ‘n inskrywing, gedateer 27 Desember 1912, aantref van ‘n voorskrif wat deur ‘n dr. Ramsbottom uitgemaak is aan President Marthinus Steyn. Die verbintenis met so ‘n vooraanstaande klant is geraam en word nou trots uitgestal langs twee foto’s wat tipiese straatbeelde met Victoriaans-geklede vroue en perdekarre toon.
Volgens die George-museum se navorser, Linda Labuschagne, maak die koerant van destyds (‘n voorloper van die George Herald) geen melding van die politikus se besoek nie en ander plaaslike geskiedkundiges kon ook geen lig werp op die onderwerp nie.
Vir Jannie bly dit ‘n voorreg om vanjaar, tydens George se 200ste bestaansjaar, die eienaar te wees van ‘n onderneming met so ‘n lang en trotse tradisie. "Ons oorweeg nie eers om ons apteek te moderniseer nie," sê hy. "Wat ons hier het, kan jy nooit weer herskep nie en ons sal dit bewaar."
 (Small).jpg)
‘n Straattoneel voor Morris Apteek wat ‘n mens laat dink aan die ou nagmaalsnaweek met vroue in hul Victoriaanse drag uitgevat.
 (Small).jpg)
‘n Inskrywing in die apteekregister dui aan dat die ou bittereinder boeregeneraal, die eertydse President Steyn, moontlik op 27 Desember 1912 besoek aan die apteek afgelê het.
ARTIKEL EN FOTO'S: PAULINE LOURENS