Update
GEORGE NUUS - Die man wat van die moord op die 51-jarige Theodore Roman (Boeta) beskuldig word, het Maandag 1 Oktober in die George-landdroshof verskyn. Hy is vroeër vanjaar borgtog geweier.
Luvuyuo Dondashe (43) van die Oos-Kaap was op parool gewees toe hy na bewering die eienaar van Boeta's Tavern in Nelson Mandela-boulevard op 22 Januarie doodgeskiet het.
Na die voorval het Dondashe te voet gevlug en is kort daarna in hegtenis geneem. Hy is in 2005 in Dispatch skuldig bevind en gevonnis op 'n aanklag van gewapende roof.
Die saak is tot 23 Oktober uitgestel.
*The man who stands accused of murdering Theodore Roman (51) earlier this year appeared in the George Magistrate's Court on Monday 1 October. The case was postponed until 23 October.
Lees vorige artikels:
- Boeta-moord: Verdagte was op parool
- Slegs 1 verdagte in Boeta's-moord
- Vermoor vir 'n boks glase
- Man in drankwinkel doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'