GEORGE NUUS - Die komende Saterdag, 4 Junie, is dit weer tyd vir die jaarlikse kerkbasaar en gewilde padwedloop op Hoekwil.
Cape Multisport Eden bied ‘n 10 km en 21 km padwedloop aan wat deelnemers sal neem op die bekende Seven Passes-pad in die rigting na Knysna.
Daar sal ook ‘n 3 km-pretloop vanaf die kerk wees vir die jongspan.
Die wedlope begin om 08:00 vanaf die NG Kerk in Die Vleie in Hoekwil.
Na afloop van die wedlope sal daar heerlike kos beskikbaar wees by die basaar waar die bekende Donkiekar-orkes gaste sal vermaak met goeie boeremusiek.
Inskrywings vir die wedlope kan Saterdagoggend gedoen word vanaf 06:30 by die kerk.
Vir navrae skakel Helena by 076 593 9636.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'