GEORGE NUUS - Tydens die Sektor 2 Polisie Forum-vergadering op Maandag 7 Mei het dit aan die lig gekom dat mense steeds vir bedelaars by die verkeersligte geld gee. Plante word ook steeds deur mense by straatverkopers gekoop omdat die mense jammer gekry word. In sommige gevalle word daar selfs vir dié haweloses kos gegee.
"Ongelukkig is die meeste wat bedel, en ook die plantverkopers, dwelmverslaafdes. Die geld wat hulle ontvang word aangewend om hul gewoontes te voer.
"In baie gevalle word kos vir dwelms verruil. Ons versoek die publiek om niks aan hierdie mense te gee nie, maar eerder aan die organisasies wat omsien na die persone wat op straat slaap en hierdie mense probeer rehabiliteer," het die voorsitter van die forum, Eugéne Rautenbach, gesê.
Verder word daar versoek dat almal by hulle plaaslike buurtwagte betrokke raak om sodoende meer misdaad te bekamp. Besigheidseienaars word ook versoek om by die sakekern se besigheidswag aant te sluit.
Vir verdere inligting kontak kapt. Louis Boshoff by 072 651 4710.
Die publiek word gevra om nie vir bedelaars by verkeersligte geld of kos te gee nie.
'n 'Blommeverkoper' maak bossies naby die Katriver.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'