Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Inwoners van die informele nedersetting, Moeggeploeg in Pacaltsdorp, is vuisvoos met die misdaad in dié omgewing.
'n Memorandum waarin hulle hul lot bekla, is vanoggend aan die polisie oorhandig. Inwoners voel dat daar geen effektiewe polisiëring in die woongebied toegepas word nie.
Volgens 'n gemeenskapsleier, Jacques Goliath, leef Moeggeploegers konstant in vrees.
Kyk 'n video hieronder
"70% van ons inwoners is enkelma's met klein kindertjies. Verál hulle word deur misdadigers geteiken.
"Al meld ons sake by die polisie aan, word daar niks gedoen nie. Misdadigers loop vry rond en ons voel dis tyd vir daadwerklike optrede deur ons plaaslike polisie, "sê hy.
Gemeenskapslede by vanoggend se oorhandiging in Moeggeploeg.
Foto's: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'