Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Moeggehuurders soek krag. Hulle is ook vies oor die behandeling wat die verkeershoof, Donovan Saptoe, glo ontvang.
'n Groepie grondbesetters van Moeggehuur in New Dawn Park, het vanoggend voor die George-munisipaliteit opgeruk.
Theresa Fortuin, 'n inwoner van New Dawn Park en gemeenskapsleier, het aan die George Herald gese hulle ondersteun Saptoe want hy het hulle te woord gestaan met hul stryd om grond.
Die hofuitspraak oor die plakkers se besetting het beslis dat die munisipaliteit die mense moet help en dienste verskaf.
Direkteur Charles Lubbe het die mense te woord gestaan en verduidelik dat die munisipaliteit tans wag vir oordrag van die grond.
Lubbe het onderneem om 'n vergadering vir môreoggend te reël waar elektrotegniese dienste en die komitee van Moeggehuur teenwoordig is.
Die area waar die grondbesetters plak behoort aan openbare werke.
Die betogers is nie tevrede nie en voel meer kan gedoen word om met die gemeenskap te kommunikeer.
Kyk 2 video's hieronder.
Charles Lubbe (links) spreek die groep toe.
Grondbesetters van Moeggehuur wil nie 'n dag langer wag vir elektrisiteit nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'