Gallery
GEORGE NUUS - Armand Kritzinger en Tharien Kruger is op 2 Augustus as Mnr. en Mej. Kwagga 2018 by Hoërskool Outeniqua gekroon.
Volgens Elandi Rautenbach, Impak-portefeulje organiseerder, het die Kwaggas nie net skoonheid gebring nie, maar ook hoop. Die geld wat tydens die geleentheid ingesamel is gaan na Laerskool Herold, sowat 30 km buite George.
"Die doel is om geld in te samel vir minderbevoorregte leerders en spesifiek om 'n klaskamer te kan bou vir Laerskool Herold. Die finaliste het ook uitreikwerk gaan doen. R40 000 is aan Laerskool Herold oorhandig en ses trollies kos en 16 bokse vol klere is vir minderbevoorregte leerders ingesamel."
Vroeër vanjaar het 'n groep leerders van Hoërskool Outeniqua 'n 525 km-fietstoer, vanaf George na Worcester, ter ondersteuning aan dieselfde projek, aangepak.
Die wenners is van links Lourick Fourie (1ste Prins), Carmi Scholtz (1ste Prinses), Armand Kritzinger (Mnr Kwagga), Tharien Kruger (Mej Kwagga), Simonn Swanevelder (2de Prinses) en Lee Miller (2de Prins).
Hoërskool Outeniqua bedank die borge wat die aand moontlik gemaak het. 'n Besonderse dank aan die hoofborge, Mini Boutique, De Jagers, Mariette Landman Fotografie, Shortcut Aesthetics Clinic.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'