GEORGE NUUS - Arbeidsbediening in die Tuinroete bied Donderdag 23 Augustus hulle jaarlikse galadinee aan met Mike Burnard, stigter en uitvoerende hoof van INcontext International, as gasspreker.
"Die doel van die aand, wat weer by Down to Earth gehou word, is om ons roeping te vier as verteenwoordigers van die koninkryk in die markplek en dank te betuig teenoor donateurs. Ons stel ook ons besigheidsplan en dienste bekend," sê Floors Meyer, die voorsitter.
Burnard en sy vrou, Helen, het as jong getroudes in 1981 by die Nastasis-boot van Youth with a Mission (YWAM) in Griekeland aangesluit. Hulle is sedert 1987 voltyds by Geopende Deure betrokke en het wyd gereis.
Burnard was nasionale direkteur van Geopende Deure Suid-Afrika tot in 2008 toe hy as visepresident van Geopende Deure Internasionaal aangewys is.
Hy het INcontext International in 2010 begin.
Die egpaar is die outeurs van vyf boeke, The 18 inch principle, Dancing with camels, Catcrackers, Reflections, en Capacity.
Die geleentheid begin om18:30 vir 19:00.
Kaartjies is R200 en beskikbaar by Andrinette Muller op 082 560 1337 of by arbeidsbediening.tuinroete@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'