GEORGE NUUS - Die bestuurder van Mediclinic George, Kassie Karstens, wil nie hê sy kop moet gewas word wanneer hulle eersdaags die buitekant van die kliniek op die hoek van Yorkstraat en Gloucesterlaan afspuit nie.
Volgens Karstens wil hulle reeds 'n geruime tyd die gebou goed afspuit, maar het weens die dalende damvlakke en die gepaardgaande persepsie verlede jaar daarteen besluit.
Hy sê dit word egter nou hoog tyd dat die gebou sy stowwerige voorkoms afskud.
"Ons het by die munisipaliteit aansoek gedoen vir 'n water permit, en die permit is toegestaan om hierdie maand die geboue af te spuit. Ons gebruik geen munisipale water nie, want hoewel ons die nodige permitte het, hergebruik ons die water wat gebruik word om die autoklawe [hospitaaltoerusting] se pompe koel te hou."
Karstens sê Mediclinic is 'n trotse ISO 14001 geakkrediteerde hospitaal wat kyk na die omgewing.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'