Update
GEORGE NUUS - Een van die verdagtes wat in Mei vanjaar vermoedelik by die skietvoorval by die Groenkloof-aftreeoord betrokke was, is verlede Woensdag 7 Augustus op R1 000 borgtog vrygelaat.
Mlungiseli Yokwe (34), is op 16 Julie by 'n woning in Lawaaikamp opgespoor. Hy verskyn weer op 13 September in die George-landdroshof.
Yokwe word aangekla van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.
Die twee kontrakteurs wat by die aftreeoord gebou het, 'n pa en seun, het met hul lewens daarvan afgekom toe vier mans hulle op 31 Mei in 'n wit VW Golf voorgekeer en probeer beroof het. Die bestuurder het egter daarin geslaag om weg te ry. 'n Skoot is afgevuur wat sy voertuig getref het.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het destyds bevestig dat vier mans in 'n wit Golf 'n konstruksiewerker, wat op pad was om lone uit te betaal, naby Groenkloof ingewag het.
"Die man het daarin geslaag om weg te ry en daar is een skoot op hom afgevuur wat sy voertuig getref het. Niemand is tydens die voorval beseer nie," het Pojie gesê.
Die toneel naby die ingang van Groenkloof-aftreeoord. INLAS: Die Suid-Kaapse polisiewoord-voerder, kapt. Malcolm Pojie, op die toneel op die dag van die voorval. Foto: Salette Cloete
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'