Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - ‘n Man van Blanco, Johan Denysschen (70) het laasnag in ‘n brand by sy huis in Coenie Appelstraat 10, gesterf.
Dit is nie in die stadium bekend wat die brand veroorsaak het nie en wat die presiese oorsaak van sy dood is nie. Sodra meer inligting bekom word sal dit bekendgemaak word.
George Herald verneem die brand het blykbaar in die middernagtelike ure uitgebreek en die George-brandweer is na die toneel ontbied. Denysschen het in die een deel van die huis gewoon en ‘n vrou in die ander deel van die huis wat sy gehuur het. Sy is ongedeerd.
Denysschen se hond, ‘n boerboel is erg getraumatiseer deur die voorval, maar nie beseer nie. Die hond is intussen in veilige sorg geplaas.
VIDEO: Brand in Blanco
Die huis is erg beskadig. ‘n Motor wat baie naby aan die huis gestaan het is ook beskadig.
Blykbaar is die vlamme van die brand etlike blokke ver gesien. Die huis is intussen afgesper.
Die polisie was vroeg vanoggend op die toneel en ‘n ondersoek word gedoen.
‘n Familielid van die oorledene het gesê Denysschen het alleen in die spesifieke deel van die huis gewoon. Die vrou is veilig by ander mense. Volgens hom is die dood van Denysschen ‘n groot skok vir die familie. Die meeste van sy familie woon in George. Van sy kinders woon in Kaapstad en Nieu Seeland.
Foto: Verskaf
Die huis in Coenie Appelstraat is afgesper. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'