GEORGE NUUS - Die liggaam van ‘n man, Monwabisi Christopher Mlinjani (43), is Dinsdagaand, 22 September omstreeks 21:45 deur inwoners van Conville by die polisiestasie in Pienaarstraat afgelaai en daar gelos.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sal die presiese oorsaak van Mlinjani se dood eers na die nadoodse ondersoek bevestig kan word.
“Hoewel die oorsaak van die oorledene se dood nog bevestig moet word, het verdere ondersoek daarop gedui dat hy aan inwendige beserings beswyk het ná hy moontlik met ‘n stomp voorwerp aangerand is. Weens dié vermoede sal die aanvanklike geregtelike doodsondersoek na die van ontvoering en moord verander,” sê Pojie.
Pojie sê verder dat die oorledene moontlik aan ‘n klag van huisbraak, wat die vorige naweek in Charlie Hugostraat plaasgevind het, verbind word. “Daar word beweer dat die oorledene ‘n rugsak en ‘n beursie gesteel het waarna lede van die gemeenskap hom aangekeer het,” sê Pojie.
Die klaer het glo die man positief geïdentifiseer waarna die groep hom weggeneem en later die aand by die polisiestasie afgelaai het. Paramedici is ontbied om mediese bystand te verleen, maar met hul aankoms het hulle die man dood verklaar.
Volgens inligting wat deur George Herald bekom is het die oorledene die Sondag voor sy dood glo gepoog om ‘n vrou in die woonbuurt in haar sinkhuis te verkrag waarna lede van die gemeenskap hom agternagesit het.
Enigiemand met inligting word gevra om die ondersoekbeampte, sers. Johannes Nett, by 044 803 3302/36, 063 487 1515 óf Stop Misdaad by 08600 10111, te kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
IN SHORT
The body of a man, Monwabisi Christopher Mlinjani (43), was dropped off at the Conville police station in a taxi on Tuesday 22 September at approximately 21:45.
According to Southern Cape police spokesperson, Capt Malcolm Pojie, the exact cause of Mlinjani's death has not yet been confirmed but investigation into the death of the deceased indicates that he could have died as a result of blunt force trauma. A case of kidnapping and murder is being investigated.
“At the time it was unknown what had happened to the deceased or what caused his death. There were no visible injuries and an inquest docket was opened for further investigation. Preliminary investigation suggest that the deceased was linked to a house robbery complaint in Charlie Hugo Street the previous weekend where a backpack and wallet were stolen,” said Pojie.
Anyone with information is asked to contact the investigation officer, Sgt Johannes Nett at 044 803 3302/36, 063 487 1515 or Crime Stop at 08600 10111. All information will be dealt with confidentially.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'