OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek ‘n klag van die afvuur van ‘n wapen in ‘n munisipale gebied sowel as poging tot moord na ‘n 33-jarige man na bewering sy vuurwapen op ‘n straatkind gerig het.
Na bewering was die persoon genader deur sowat 20 straatkinders wat begin oproerig raak het en van die kinders het glo messe gehad.
Die man het toe sy vuurwapen uitgehaal en twee skote geskiet. Na bewering het hy ook die vuurwapen op een van die kinders gerig.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'