GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek ‘n saak van roof nadat ‘n 26-jarige man op Vrydag, 15 Mei om ongeveer 11:00 op die Sandhoogte Pad buite Groot-Brakrivier beroof is.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha sê die slagoffer het met sy bakkie in die rigting van Tergniet gery, toe hy langs die pad stop omdat hy vermoedelik ‘n pap band gehad het.
“Vier jong mans het hom bestorm en met ‘n klip wat hulle in ‘n kous gesit het, aangerand.
Die verdagtes het die man se selfoon en kontant gesteel en op die vlug geslaan.
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'