GEORGE NUUS - Die 50-jarige Helgaardt Lourens is reeds sedert 6 Junie 2019 vermis en sy familie het afsluiting nodig.
Volgens sy suster, Amanda Adams, is hy omstreeks 18:00 daardie aand vir die laaste keer gesien toe hy op pad huis toe was vanaf Borcherds na sy woning in Streepkoppiestraat in Conville.
Sy het hom twee dae later by die Conville-polisie as vermis aangemeld toe sy daarvan in kennis gestel is dat hy sedert die vorige Donderdag nie tuis was nie.
Lourens is 1,65 m lank, hy het bruin oë en swart hare.
Enigiemand met inligting rondom Lourens se verdwyning word gevra om sy suster by 084 202 7005 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'