GEORGE NUUS - 'n Inwoner van Harmony Park, in Pacaltsdorp, Andrew Carelse, is na bewering op 7 April deur twee mans met 'n hokkiestok, krieketkolf én 'n gholfstok by sy huis in Schubertstraat aangerand.
Die verdagtes, 'n polisieoffisier en sy broer, het die slagoffer bygedam omdat dié glo een van hulle se selfone gesteel en in sy besit gehad het.
Die slagoffer het veelvuldige beserings opgedoen en 'n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek. Geen arrestasie is nog gemaak nie en die voorval word nog ondersoek.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, wou nie in hierdie stadium bevestig by watter polisiestasie die beampte in diens is nie.
* A resident of Harmony Park in Pacaltsdorp, Andrew Carelse, was allegedly assaulted by two men with a hockey stick, a cricket bat and a golf club at his house in Schubert Street on 7 April. The suspects, a police officer and his brother, allegedly assaulted the victim because he stole a cellphone from them.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'