Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Man van Le Vallia, Barend van Vuuren (60) het gedink hy word geflous toe Vodacom hom skakel om te sê dat hy 'n splinternuwe Renault Duster gewen het.
"Ek het gedink dis 'n grap. Deesdae wen 'n mens mos nie iets nie. Wat nog te sê van 'n kar," het hy vandag tydens die oorhandiging van sy nuwe motor by Seaman's Renault gesê.
Van Vuuren het in Desember 'n data-bondel tydens Vodacom se Summer Gigs-promosie gekoop. Dit het hom automates gekwalifiseer vir 'n inskrywing om die voertuig te wen.
Van Vuuren se eerste motor in die 80's was ook 'n Renault.
Hy was ongelukkig in 'n motorongeluk met die voertuig betrokke en het sedert nie weer 'n voertuig aangeskaf nie.
Kyk 'n video hieronder.
Barend van Vuuren en Claire Boltman van Vodacom tydens die oorhandiging vroeër vanmiddag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'