GEORGE NUUS - ‘n Man van George, Phillipus Coenraad Swart (33), het verlede Vrydag in die George-landdroshof op aanklag van daggahandel verskyn.
Swart is verlede week in hegtenis geneem ná die polisie dagga met ‘n straatwaarde van R10 000 in sy besit gevind het.
Volgens die Valke se woordvoerder, kapt. Philani Nkwalase, het Swart na bewering sy dagga op Facebook geadverteer waarna skoolkinders op die advertensie gereageer het.
Hy is vrygelaat op ‘n waarskuwing en moet weer op 12 Februarie in die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'