GEORGE NUUS - Mense wat graag oor Kersfees na iemand wil uitreik en 'n hart bly maak, kan deelneem aan Harmony Spiritual and Emotional Healing Centre se Kersfeesboks-projek.
Liane Venter, Harmony se stigter, wil aan soveel moontlik kinders en bejaardes 'n Kersgeskenk gee as deel van hulle 'Blessing in a Box'-projek. Mense kan kontantdonasies maak of 'n pakkie vir 'n bejaarde of kind pak.
Die pakkie moet nie-bederfbare lekkernye en basiese selfsorgprodukte soos seep en tandepasta bevat, asook iets spesiaals spesifiek vir 'n vrou (byvoorbeeld lipstiffie), man (byvoorbeeld naskeermiddel) of 'n kind (opvoedkundige items, 'n speelding of kledingstuk).
Mense kan ook R250 skenk sodat 'n geskenkpakkie opgemaak kan word. Harmony sal 'n foto aan die skenker stuur van sy/haar pakkie wat afgelewer word.
Kontak Liane Venter vir meer inligting by 076 240 2347 of venterliane@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'