'n Komitee, bestaande uit Standers, Jurie Bezuidenhout (voormalige portefeuljeraadslid vir siviele ingenieursdienste), Trevor Botha (munisipale bestuurder), David Sampson (lid van publiek - genomineer deur Standers), Sanele Nyoka (verteenwoordiger uit die kantoor van die minister van vervoer) en Tom Qweba (hoofonderhandelaar vir die vervoerindustrie) moes deur 15 voorstelle sif en uiteindelik op drie besluit wat toe geadverteer is vir die publiek om uit te kies. Met meer as 1 100 voorstelle van die publiek is daar toe besluit op die Go George-logo.
Volgens Standers simboliseer die drie kleure in die logo, naamlik blou, groen en wit elk iets vanuit George. "Die blou gee 'n kalme-rende effek, terwyl die groen ons strategiese doelwit om George groen en veilig te hou simboliseer. Groen lê ook die klem op voor-spoed, groei en welstand. Wit simboliseer ontwikkeling." Standers het bygevoeg dat die vloei van die logo die klem lê op rigting. "Ons gaan iewers heen - die fokuspunt van die vervoernetwerk."
Die verskaffer van die busse sal volgens Harold Basson, direkteur siviele ingenieursdienste by die George-munisipaliteit, in Oktober bekend gemaak word. Die vervoernetwerk sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2014 op dreef wees.
Die hele projek kan tot meer as R900 miljoen kos en word deur nasionale regering gefinansier.
* The logo for the George Integrated Public Transport Network (GIPTN) was officially unveiled by Executive Mayor, Charles Standers. The logo will be printed on the 112 busses that will be used to transport people in George and surrounding areas. The next step is to announce the company that will provide the busses. The GIPTN project will be officially launched in the first quarter of 2014.

ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'