GEORGE NUUS - Die liggaam van ‘n man is Woensdag 6 Januarie omstreeks 10:00 in die see by Kleinkrantz opgespoor.
Die polisie kan nie in die stadium bevestig of dit wel die liggaam van die man is wat op 2 Januarie in die see by Kaaimansriviermond vermis geraak het nie.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, sers. Christopher Spies, sal die identiteit van die man wat by Kleinkrantz gevind is met DNA-toetsing bepaal word.
Die polisie en lede van NSRI-Wilderness het sedert verlede Saterdag onverpoos na die vermiste man in die Kaaimans-omgewing gesoek.
“Daar is in die stadium nog geen bevestiging dat die twee voorvalle met mekaar verbind kan word nie, maar die uitslag van die DNS-ontleding sal die polisie help om die saak tot ‘n slotsom te bring,” het Spies gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'