Gallery
GEORGE NUUS - 'n Aantal leerders het gister, Saterdag 9 Junie, die leesmarathon by Eagles Nest Ministries in Pacaltsdorp, bygewoon. Volgens Beverley Mckelly, voorsitter van ATKV Sommer net ons, is die doel van die leesmarathon om 'n liefde vir lees by die leerders te kweek terwyl hulle nog jonk is.
Die leerders is van Delville Park Primêr, Pacaltsdorp Primêr, New Dawn Park Primêr, kleuters van Eagles Kidz het ook die leesmarathon bygewoon.
Die leesmarathon is aangebied deur ATKV Sommer net ons in samewerking met George Munisipaliteit en die Wes-kaap onderwysdepartement (Wkod).
Roger Jacobs, Wkod hoof van gespesialiseerde leerder en onderwyser ondersteuning, het 'n motiveringstoespraak gelewer. Ander vermaak sluit optredes deur Hakkiesdraad Hartman en Musisean, in. Hartman het die leerders aangemoedig om te lees, "Laat ons lees en ons kennis behou."
Die leesmarathon is aangebied deur ATKV Sommer net ons in samewerking met George Munisipaliteit en die Wes-kaap onderwysdepartement (Wkod).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'