Die stopteken by hierdie voetoorgang, sowel as 'n stopteken net 'n entjie verder aan die teenoorgestelde kant van die pad, is vroeër vanjaar deur George-munisipaliteit vervang met toegeetekens.
Hierdie kwelpunt is verlede Donderdag deur inwoners van Golden Valley aangeroer tydens ‘n Geïntegreerde Ontwikkelingsplan Vergadering (IDP) wat deur George-munisipaliteit aangebied is.
" Wanneer 'n mens Millies gedurende spitstye besoek is dit oo amper onmoontlik om weer by die verkeer aan te sluit." Scriven het 'n petisie saamgestel wat teen Woensdag sowat 71 inwoners van Golden Valley onderteken is.
Kristy Kolberg, 'n ander inwoner, het beaam dat motoriste soggens die padoorgang baie vinnig nader. "Die mense kyk nie regtig of daar kinders of ander voetgangers staan en wag nie," het sy gesê. "Jy moet sien hoe gaan dit hier in die oggend."