Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die voertuiglisensiekantoor van die George-munisipliteit in Hopestraat het vanoggend geopen en mense wag in 'n lang tou voor die hekke, sommige al van 07:00 vanoggend af.
Volgens 'n gefrustreerde lid van die publiek is 24 persone by die perseel ingelaat toe die kantoor geopen het. Net ná 10:00 is slegs enkele persone wat gehelp is, weer uitgelaat.
Daar is blykbaar slegs een kassier aan diens, maar dis nog nie deur die munisipaliteit bevestig nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'