GEORGE NUUS - Vleis en koffie was hoog op die lys vir die wenners van Laerskool Blanco se jaarlikse Trolley Dash wat vanoggend by Heatherpark Spar aangebied is.
Ewald Terblanche (12) het gemik vir Nesquik en koffie met sy mini-dash van 30 sekondes, en Pierre Pretorius, 'n pa van drie leerders in Laerskool Blanco, het met groot ondersteuning R5 031 se vleis, koffie, katkos en swembad-chloor in sy trollie gelaai.
Ewald is die hoofseun van Laerskool Blanco, en wenner van die mini-dash vir die tweede agtereenvolgende jaar.
Beide Ewald en Pierre het elk R500 se kat- en hondekos aan Odin geskenk.
Kyk 'n video op ons Facebook-blad.
Pierre Pretorius vang 'n paar wenke van die personeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’