Gallery
TUINROETE | KAROO NUUS - Tenspyte van die weer is daar 'n toeloop van besoekers by die eerste KykNet 4x4 Ekspo wat by die Hartenbos ATKV Amfiteater aangebied word die naweek.
Die Ekspo het gister, Vrydag, 29 September, begin en duur tot môre, Sondag, 1 Oktober.
Dié geleentheid is spesifiek gemik op buitelewe-, kampeer- en 4x4-entoesiaste, en die hele gesin is welkom.
Dit is 'n volwaardige buitelewe-leefstyl Ekspo en bestaan nie net uit buitelewe-uitstallers wat die allernuutste produkte op 'n baie unieke manier kom uitstal nie.
Kindervermaak en 4x4-hindernisritte met die bekende André de Villiers is ook deel van die verrigtinge.
Daar is volop gekeurde kosverskaffers op die terrein met 'n groot kroeg- en biertuinfasiliteite, asook 'n Wyn- en Kuiertuin. Kom maak gerus ‘n draai by ons kuns- en snuffelmark waar daar slegs uitstallers van gekeurde produkte sal wees.
Die SA Weerburo het 'n paar druppels vir vandag voorspel met wind, maar dit gaan heelwaarskynlik teen môre opklaar met die temperatuur van ongeveer 18 grade.
Maak seker jy besoek hierdie unieke uitstalling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’