GEORGE NUUS - Die Kwaggas (leerlinge van die Hoërskool Outeniqua) vergeet nie hul legendes nie. 'n Groep oudleerlinge wat tussen 1950 en 1960 op die skoolbanke gesit het, gaan voortaan elke jaar op die eerste Woensdag in Desember bymekaarkom en hulde bring aan die onderwysers en medeleerlinge van destyds wat 'n groot invloed op lewens gehad het.
Johan Botha, wat in 1959 in matriek op die skoolbanke gesit het, het vertel dat 'n groep oudleerlinge onlangs bymekaargekom het by die Pinnacle Point-gholfbaan.
Onder die aanwesiges was Dawid Minnie, Sydney Stopforth, Tol de Swardt en Flip de Swardt. Hulle was almal tussen 1950 en 1960 in matriek.
Daar is besluit dat die legendes voortaan in Desember bymekaar sal kom.
Volgens Botha sal daar tydens die geleentheid elke jaar in Desember, erkenning gegee word aan die grootste Kwagga-legende, wyle GJB Volschenk.
Hy was skoolhoof in die vyftigers en het aan die einde van 1960 afgetree.
Botha het gesê tussen 1950 en 1960 was daar mense in Outeniqua wat 'n groot impak op mekaar se lewens gehad het.
Daar is besluit om elke jaar bymekaar te kom solank almal nog leef, eerder as om te wag vir 'n formele reünie.
Mense wat meer besonderhede wil hê kan Botha bel by 082 573 5537.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'