GEORGE NUUS - Henco Bester, 'n gr. 9-leerder van Hoërskool Outeniqua, is as die toppresteerder van die 2020 Wes-Kaapse virtuele eisteddfod aangewys.
Hy was een van 1 792 inskrywings in die kompetisie. Henco het aan vier kategorieë deelgeneem, naamlik:
- solosang - musiekblyspel (93%),
- solosang - eie keuse (95%),
- Afrikaanse digkuns - eie keuse (100%)
- en Afrikaanse storievertelling (100%)
Hy het goeie terugvoer van die beoordelaars ontvang.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'