GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se jazzorkes het in Augustus aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod in Kaapstad deelgeneem.
Hulle ontvang hoogste lof (98%) vir hul uitvoering en word aangewys as kategoriewenners.
Die beoordelaar het spesiaal melding gemaak van die groep se besonderse sensitiewe ensemblespel en Logan Jantjies (klawerbord en baskitaar) is geprys vir die ritmiese plooibaarheid van sy solo-improvisasie.
Die jazzorkeslede is voor van links: Henco Bester, Nicklen Gelderbloem en Logan Jantjies. Agter: Jean du Plessis, Marnu van Sandwyk, Monicke van der Walt en Ryan Munro.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'