Die skoolbussie waarin hulle gereis het, met sy sleepwaentjie vol bagasie, het ongeveer 12km buite Albertinia op die N2 in die rigting van Mosselbaai omgeslaan. Een seun, die 14-jarige Grant Brinkhuis is op die toneel oorlede en ‘n tweede leerder, Lomar van der Vyver is later die middag in die hospitaal dood.
Agt ander leerders is gehospitaliseer, sommige met ernstige beserings. Horatius van Rhyn word steeds gehospitaliseer.
Grant was ‘n enigste kind. Sy ma Dandeline Couvaras en haar man Charles verwag hul eerstelingdogtertjie rondom 26 Desember.
Die herinneringsdiens vir Grant is Saterdag 2 Oktober om 09:00 op die YWAM-kampus, Worcester en om 10:00 in die NG kerk Vallei, Tulbachstraat, Worcester waarna ‘n privaat verassing volg.
Lomar se diens is Maandag 4 Oktober vanuit die NG kerk Audenberg, Worcester. Hy was die tweede oudste kind en het ‘n ouer broer en ‘n jonger suster.
Mnre. Victor Phillips (skeidsregter) en Pierre Kleintjes (afrigter) is ook beseer, maar is reeds tuis.


Grant Brinkhuis (links) en Lomar van der Vyfer.