GEORGE NUUS - Sowat 10 bejaardes van Blanco het op Kersdag kospakkies ontvang.
Dit vorm deel van die Kersete wat jaarliks deur Jenny Mattys en haar span van Blanco gehou word. Ongelukkig het Covid-19 verlede jaar ‘n stokkie voor hul planne gesteek.
“Weens die pandemie kon ons nie ons gewone Kersete vir die bejaardes hou nie, maar te danke aan Vera en Arthur Valasis van Cash Converters, kon ons vir sowat 10 bejaardes uit ons gemeenskap kospakkies uitdeel.
"Gewoonlik bedien ons ‘n ete vir sowat 50 tot 100 bejaardes en hopelik sal ons dit vanjaar in 2021 weer kan doen,” vertel Jenny Mathys.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'