Update: This event has been cancelled: No Youth Day Fest at Garden
GEORGE NUUS - Die jeug word genooi om Woensdag 16 Junie Jeugdagvieringe by die Tuinroete Botaniese Tuin by te woon. Verrigtinge begin reeds om 12:00 en verskeie kunstenaars sal optree. Dit word deur die Tuinroete Botaniese Tuin en Bo-Menslike Operasies aangebied.
Hein Scheepers, een van die organiseerders, het benadruk dit is nie ‘n politieke geleentheid nie. Die doel is om die belangrike rol van die jeug uit lig. Dis ‘n gemeenskapsprojek.
Toegang is gratis en almal is welkom. Ongelukkig sal getalle beperk word as gevolg van Covid-19-regulasies. Dis belangrik dat mense met maskers opdaag.
Covid-19-regulasies sal streng toegepas word. Sosiale afstande sal gehandhaaf word en mense se hande sal gesaniteer word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'