GEORGE NUUS - Een van die gewildste wedlope op die atletiekkalender, die 5 km en 10 km Nite Race vind weer môreaand, 27 Januarie, plaas.
Top Gear bied dit saam met Rainbow-atletiekklub aan. Dit begin om 18:00. Die wegspring is by Top Gear Sport op die hoek van Hibernia- en Meadestrate.
Die 10 km-wedloop begin om 18:00 en 'n paar minute later die 5 km. Groot pryse kan gewen tydens die geleentheid. Inskrywingsgeld vir die 10 km-wedloop beloop R65 en vir die 5 km R30.
Ters Giliomee van Top Gear het Dinsdag gesê die geleentheid is 'n jare lange tradisie en instelling vir atlete van die omgewing. Die winkel het verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier.
Hy het bevestig daar sal vanjaar verskeie gelukstrekkings vir deelnemers wees. Dit sal meeste ooit wees van al die geleenthede wat al plaasgevind het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'