GHOLF NUUS - Geskiedenis is op 8 April gemaak toe 'n besoeker aan Dolphins Creek-gholfklub in Groot-Brak, Richard Adams, 'n kolhou op putjie 17, syfer 4, van 233 m aangeteken het.
Adams is 'n lid van Copperleaf-gholflandgoed en kuier tans by sy broer, Louis, in Tergniet.
Na aanleiding van die bord in die klubhuis, is hierdie die heel eerste kolhou wat nog ooit op 'n syfer 4 op die baan aangeteken is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’