GEORGE NUUS - Om koerante af te lewer kan 'n gevaarlike storie wees. 'n Plaaslike koerantafleweraar, Simeon Bergman (50) is op 28 Januarie deur 'n rooi Toyota Conquest in Wellingtonstraat omgery terwyl hy besig was om koerante af te lewer.
Die bestuurder het met sy motor van die toneel gevlug.
Bergman is met 'n gebreekte sleutelbeen na die George-hospitaal geneem waar hy na 'n operasie ontslaan is.
'n Saak van roekelose en/of nalatige bestuur word ondersoek.
Indien enigiemand inligting oor die voorval het is hulle welkom om konstabel Badikazi Nonyukela by 044 803 4765/044 803 4715 te skakel.
*A local newspaper delivery man, Simeon Bergman (50), sustained serious injuries when he was knocked down by a red Toyota Conquest in Wellington Street on 28 January.
He does not remember much of the accident. If anyone can assist the police with more information they can phone Constable Badikazi Nonyukela on 044 803 4765 / 044 803 4715.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'