OPVOLG @ 09:30 - DIE RAADSVERGADERING IS UITGESTEL TOT 12:00 VANDAG
GEORGE NUUS - Daar word verwag dat 'n nuwe koalisie-regering vanoggend in die George-stadsraad gevorm gaan word.
'n Vergadering is beplan om 10:00 vanoggend by die George-burgersentrum plaas te vind.
Vrae bestaan wel of die raadsvergadering sal voortgaan gegewe die swaar reën en oorstroming van verskeie strate.
Die George Herald het betroubaar verneem dat die knoop laat gisteraand deurgehaak is na intense samesprekinge agter die skerms om die koalisie te vorm.
Die koalisie sal bestaan uit die DA, die VFPlus en die ACDP. Die DA het nie 'n volstrekte meerderheid behaal in die plaaslike regeringsverkiesing wat vandag drie weke gelede plaasgevind het.
Leon van Wyk van die DA sal na alle waarskynlikheid die burgemeester wees. Dit sal later vandag bekend word wie die onderburgemeester en die speaker gaan wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'