Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Rosemoor-kliniek is gesluit tot verdere kennisgewing nadat die gebou vroeër vandag, Maandag 5 Junie, skade tydens 'n brand opgedoen het.
Inwoners wat van die kliniek se dienste gebruik maak, word gevra om in tussen van die Conville-kliniek gebruik te maak.
Die omvang van die skade en die oorsaak van die brand moet nog bevestig word.
Volgens raadslid Brendon Adams, kan die kliniek vir die volgende paar dae gesluit wees.
VIDEO: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’