Josh-Ryan Meyer (5) van De Villiersstraat, sy niggie, Kaycia Staalmeester (10) en haar vriendin Carmenita Louw (6) het omstreeks 18:15 met ‘n bal twee huise van sy ouerhuis af gespeel.
Die bal het na bewering oor die pad gerol en hy het agterna gehardloop en voor die vragmotor beland.
ER24-paramedici was spoedig op die toneel en het vergeefs probeer om die kleuter te red. Hy het ernstige hoofbeserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Die Suid-Kaapse polisiewoord-voerder, kapt. Bernadine Steyn, het vandeesweek gesê hulle ondersoek ‘n saak van strafbare manslag. Niemand is egter in hegtenis geneem nie.
Me. Sophie Meyer, Josh-Ryan se ma, het vandeesweek gesê hulle is gebroke oor sy skielike en tragiese dood.
"Ek was oorkant die pad by ‘n vriendin en het net ‘n harde slag gehoor. Ek het nie geweet dis Josh nie ... ," het ‘n hartseer Meyer gesê. Sy het hom as ‘n geliefde en gehoorsame seuntjie beskryf wat soms sy nukke gehad het, maar altyd geluister het.
Josh het ook twee broers, Loshan (8) en Leagan (19 maande).
Hy word volgende Saterdag, 6 Augustus vanuit die George Community Church deur Pastoor Gavin Biegnaar begrawe.
.jpg)
Tientalle inwoners het saamgedrom by die toneel terwyl mev. Sophie Meyer by haar seuntjie se liggaam waak.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS