Gallery
GEORGE NUUS - Nie eens die aanhoudende reën kon die opgewondenheid van die personeel en kinders van die Optima-dagsorgsentrum stuit tydens hul besoek aan die verkeersopleidingsentrum in Yorkstraat nie.
Eddie Felix en sy span van die verkeersdepartement, het hulle met 'n warm ontvangs begroet en aan elke kind gewys hoe om die pad te benut en die verskeie verkeerstekens te herken.
Die APD-George (Vereniging vir Persone met Gestremdhede) is die eerste skool vir persone met spesiale behoeftes wat die sentrum besoek het. Kinders en volwassenes tussen die ouderdom van drie en 49 jaar het deelgeneem aan hierdie besondere dag.
Selfs 'n siggestremde volwassene van APD, Robin Mouton, is nie uitgesluit nie.
FOTOGALERY: Kinders van die Optima-dagsorgsentrum leer verkeerstekens herken
Hy het geleer hoe om klank op te neem terwyl hy sy loopstok of hulpmiddel gebruik om 'n voetgangeroorgang oor te steek.
Die APD is dankbaar vir die toegewyde span by die sentrum vir hul ondersteuning aan die kinders met spesiale behoeftes, hul opleiding, en die geleentheid wat gebied is vir blootstelling aan hierdie waardevolle lewensvaardighede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’