GEORGE NUUS - 'n Dogtertjie (6) is vanoggend, Sondag 28 November, in New Dawnpark doodgery.
Die voorval het omstreeks 10:00 in Proteastraat, voor New Dawnpark se primêre skool, plaasgevind.
Volgens 'n ooggetuie was die kind op pad na 'n buurvrou in hul straat toe 'n wit Toyota dubbelkajuit-bakkie haar getref het waar sy op die sypaadjie gestap het.
Die bakkie het nie dadelik tot stilstand gekom nie en het deur die skool se heining gebars.
Die kind is op die toneel oorlede.
Kort ná die voorval het lede van die gemeenskap oproerig geraak en gedreig om die bestuurder van die voertuig te lyf te gaan.
Hy is deur die polisie van die toneel verwyder.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, is die ondersoek nog in 'n baie vroeë stadium en die presiese oorsaak en omstandighede rondom die kind se dood en die ongeluk word nog ondersoek.
Die bakkie het deur New Dawnpark Primêre Skool se heining gebars voor dit tot stilstand gekom het.
Die bakkie wat die kind getref het.
Omstanders by die toneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'