GEORGE NUUS - Misdadigers wat die komende Kersseisoen as 'n geleentheid sien om onskuldige mense te beroof of seer te maak, moet op hul hoede wees vir die manne in blou.
Conville-polisie se ao. Mike Kritzinger het met George Herald gesels oor veiligheidswenke, brandpunte, gereelde misdade en oor die polisie se planne vir die seisoen.
Hy sê hulle weet presies wie hul gereelde kliënte is, waar hulle uithangplekke is, wie hul teikens is en hoe hulle te werk gaan. Volgens hom gaan die polisie hoë sigbaarheid handhaaf om misdaad te voorkom. "As daar meer voete of voertuie is, het ons geleer is die misdaad minder."
Kritzinger is bestuurder vir Sektor 3 wat die gebied vanaf die hoek van Bronsstraat en Nelson Mandela-boulevard tot in die middel van die brug na Thembalethu insluit.
Adjudant-offisier Mike Kritzinger
Verskeie mense het op sosiale media gekla oor die misdaad in Nelson Mandela-boulevard, die ou Sandkraalweg. Na verskeie navrae kon daar bevestig word dat dit misdade is soos die gryp van 'n selfoon uit 'n voertuig, vensters van winkels wat stukkend gegooi word, gewone roof, gewapende roof, dreig met 'n gevaarlike wapen, ensovoorts. Hy waarsku mense moet bewus wees van wat rondom hulle aangaan en nie deure oop los of vensters te ver afrol by 'n verkeerslig of stopstraat nie.
"Vroue moet asseblief tog nie hulle handsakke op die voorste sitplek los nie, jong mense moet bewus wees van wie rondom hulle is en nie met waardevolle items rondloop nie. Dis 'n geleentheid wat jy vir daardie misdadiger gee om jou te beroof."
Van die gevaarlike punte wat hy geïdentifiseer het, is die hoek van Binnestraat en Nelson Mandela-boulevard by die verkeerslig; vanaf Binnestraat tot bo teen die bult van PW Botha-boulevard; die ganse Buitekantstraat; en die industriële gebied.
Conville police are ready to curb crime and will maintain high visibility over the festive season. According to Sector 3 manager, WO Mike Kritzinger, the most common crimes in their area are robbery (armed or not), grabbing of cellphones through car windows, threatening with dangerous weapons, etc. He warned that people should be alert to what is happening around them, especially at stop streets and traffic lights in Nelson Mandela Boulevard. Pedestrians should not carry valuables such as cellphones, and motorists should not leave valuables in plain sight or within easy reach, and not drive with the windows open wide.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'