GEORGE NUUS - Kersvader het hierdie jaar gesorg vir groot pret en plesier to hy Saterdag 26 November by die Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentrum opgedaag het.
Die inisiatief, wat deur 'n anonieme donateur vir die kinders gereël is, het gesorg vir 'n dag vol pret en plesier vir 88 van die sentrum se kinders.
Elke kind het 'n geskenk, 'n lekkergoedpakkie, koek én tert gekry.
"Ons borge, Edu Growth, Rawson Properties, Unic Security en Econo Foods, het ook gesorg dat elke kind 'n worsrolletjie kry en iets om te drink. Ons is so dankbaar dat hierdie inisiatief, wat in Augustus al in die hart van die donateur begin het, 'n verskil in die feestyd in die lewe van die kinders van Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentrum gemaak het," sê die sentrum se Adri Quiens.
Personeel van Môreson-kinderhuis saam met Kersvader terwyl hulle wag vir die kinders om hulle geskenke oop te maak.
Jessica Pyl en Desiré Lengton besig om worsbroodjies voor te berei.
Jessica Pyl en Rhonwen Wildeman deel 'n grappie Saterdagmiddag tydens die braai.
Jessica Pyl (Econo Foods), Desiré Lengton (Unic Security), Rhonwen Wildeman, Branton le Fleur, Ricardo Appollos en Nadia van Rooyen (Econo Foods) het heerlike worsbroodjies vir die kinders voorberei. Foto's: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'