"Ons werk op dieselfde prinsiep van die vorige jare - 'n skoendoos, gevul met gesken-kies met 'n spesifieke kindjie se huisnommer en naam," verduidelik Anneline Smith.
Daar is ongeveer 100 seuns en dogters tussen die ouderdomme van 3 en 18 jaar, wat elkeen 'n skoendoos kry wat dan tydens 'n spesiale geleentheid uitgedeel word. Behalwe 'n geskenk vir 'n kindjie, is daar ook 'n behoefte aan gebruikte kinder-DVD's, toiletware, asook lekkers en gaskoeldrank vir die kerspartytjie.
Die afsnypunt vir die skoendoosprojek is hierdie jaar 28 November. Daar word beoog om dit op 30 November aan die kinders uit te deel aangesien van die kinders reeds aan die begin van Desember na vakansie-ouers uitgeplaas word.
Afsetpunte vir skoendose is: - George Mediclinic Apteek (Annalize Groenewald), en Moreson ACVV Kinder-en-Jeugsentrum (Janine Pretorius) of pos dit na Posbus 4401 George-Oos 6539.
Vir meer inligting stuur 'n e-pos aan ninabrandt.pretorius1@gmail.com of aan Anneline.Smith@cellc.blackberry.com

Die skoendose gevul met praktiese geskenke laat die kinders by Môreson Kinder- en Jeugsentrum se oë blink.