Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Organisasie wat hom oor haweloses ontferm, Cremhog (Christian Rehabilitation Ministries to the Homeless of George), het vanjaar weer aan 100 hawelose en behoeftige persone 'n kospakkie vir die feestyd te gee.
50 pakkies is gisteroggend, Woensdag 21 Desember, by die NG kerk in Bergsig uitgedeel, en 50 eergister.
'n Groot groep haweloses het ook gisteroggend 'n heerlike Kersete, wat deur Cremhog georganiseer is, geniet.
FOTOGALERY: Cremhog bederf haweloses met kersete
Die publiek is vroeër vanjaar uitgenooi om 'n pakkie bymekaar te maak en aan Cremhog te skenk vir hul Kersafsluiting. het Cremhog se algemene bestuurder, André Olivier, gesê.
Nie-bederfbare produkte waaronder Weet-Bix, suiker, ingelegte vrugte, grondboontjiebotter en kondensmelk, is in die pakkies gesit om die haweloses deur die Kerstyd te help.
Cremhog se algemene bestuurder, André Olivier (links), en Deon van Eck by die kospotte. Foto: Wilna Jones
Van die kospakkies wat uitgedeel is. Foto: Wilna Jones
VIDEO: Kersete vir haweloses in George
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'