TUINROETE NUUS - Parvovirus (parvo) is 'n hoogs aansteeklike en potensieel dodelike virus onder honde.
Hierdie lelike virus steek weer kop uit in George, Mosselbaai en omgewing en die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging (DBV) vra alle honde-eienaars om voorsorgmaatreëls te tref om te verseker dat hul troeteldiere gesond bly.
Wat is parvo?
Parvo is 'n ernstige virusinfeksie wat honde affekteer, veral dié in oorvol gebiede en waar lewensomstandighede nie ideaal is nie. Dit kan tot ernstige siekte lei en kan dodelik wees.
Wanneer troeteldiereienaars die tekens en risiko's wat met parvo verband hou, verstaan, kan hulle proaktiewe maatreëls tref om hul troeteldiere te beskerm.
Vroeë opsporing en behoorlike inenting speel 'n deurslaggewende rol om die verspreiding van hierdie virus te voorkom.
Hoe jy kan help
Ent jou troeteldiere gereeld om te verseker dat hulle inentings alles op datum is. Hierdie eenvoudige stap kan 'n lewensredder wees.
Bevorder verantwoordelike troeteldiereienaarskap deur ander aan te moedig om skoon lewensomstandighede, behoorlike voeding en gereelde veeartsenykundige sorg vir hul troeteldiere te voorsien.
As jy tekens soos lusteloosheid, braking of diarree, by 'n hond opmerk meld dit dadelik aan by jou veearts of die DBV.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’