GEORGE NUUS - Drie mense is vroeër vanmiddag, Donderdag 23 Januarie, in ‘n motorongeluk in Blanco beseer na hul voertuig gerol het.
Volgens inligting het ‘n passasiersmotor probeer om ‘n vragmotor, wat in Montagustraat uit die rigting van die Fancourt na Blanco gery het, verby te gaan toe die vragmotor na regs afdraai.
Die motor het die vragmotor aan sy bestuurderskant getref waarna die motor, met drie insittendes, gerol het.
Die twee passasiers in die motor is met matige beserings deur ER24-paramedici gehospitaliseer, terwyl die bestuurder slegs ligte beserings opgedoen het.
Metro-redding en ambulansdienste was ook op die toneel om bystand te bied.
Die drie insittendes in die passasiersmotor was gelukkig om sonder ernstige beserings uit die wrak te klim.
Metro-redding en ambulansdienste was saam met ER24 op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'