GEORGE NUUS - Die Kankervereniging se Shades of Pink-pretstap wat komende Saterdag, 28 November by die Outeniqua Familiemark sou plaasvind, is gekanselleer weens die toename in Covid-19-gevalle in George.
"Gesien in die lig van die verhoogde Covid-19-gevalle in die Tuinroete en veral in George, het Kansa besluit om nie voort te gaan met die reëlings van die borskankerbewusmaking nie. ‘n Nuwe datum sal bepaal en deurgegee word. Persone wat alreeds ingeskryf het se inskrywingsgeld sal oorgedra word," het Minette van Zyl, fondsontwikkelingskoördineerder gesê.
"Ons is baie jammer oor die ongerief, maar die besluit is geneem in die gemeenskap se belang en veiligheid."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'