'n Heerlike ontbyt is bedien en geskenke en sertifikate is uitgedeel as blyke van dank aan die vrywilligers sonder wie die organisasie nie sy dienste sal kan lewer nie. Hulle is in byna elke aspek van die organisasie betrokke - kankerbewusmaking en opvoeding oor voorkoming, geldinsamelingsveldtogte, administratiewe take, en onontbeerlike dienste en ondersteuning aan kankerpasiënte en hulle families.
Sommige vrywilligers gee ook mildelik aan afdelings soos die Irma Bruschi-sorghuis wat die druk op die die begroting verlig.
Tersia Fourie, hoof van die sorghuis, het die oggend se program gelei en gesê die vrywilligers is die "engele" wat Kansa dryf en in staat stel om volhoubaar sy dienste te lewer.
Mense wat belangstel om deel te wees van 'n dinamiese groep mense en wat ander tot diens wil wees, kan Kansa se kantoor by 044 874 4824 skakel en uitvind hoe hulle betrokke kan raak. Vrywilligers ontvang die nodige opleiding.
Ywerige Kansa-vrywilligers wat die ontbyt geniet het, van links: Elize Myners, Emily Louw, Ems Petersen, Sonja Booysen en Marina Cornelson.
Rita Marx (regs), hoof van die Sunflower-projek, en Karin Prinsloo, ook 'n vrywilliger, het lekker gekuier.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'