Dit was 'n moeilike taak om die 12 topfoto’s vir die jaar te kies uit die meer as 250 puik foto’s wat toppunte gedurende die jaar ontvang het. Drie senior en drie junior wenners is aangekondig in twee kategorieë, naamlik Ope en Natuur.
Die wenners was soos volg:
In die Junior Ope het Louwtjie Burger die eerste twee plekke opgeraap met Christene Schnaufer in die derde plek.
In die Junior Natuur-afdeling was Schalk Engelbrecht eerste, JC De Bruyn tweede en Lawrence Watson derde.
Chris Daly het die eerste en derde plekke ingepalm in die Senior Ope met Tillie Nel in die tweede plek.
Daly het in die Senior Natuur dieselfde prestasie behaal met die eerste en derde plekke wat aan hom toegeken is. Lynette Neethling is in die tweede plek geplaas.
Die top salonwenners vir die jaar, asook die fotograaf van die jaar was Louwtjie Burger (junior) en Chris Daly (senior).
Matty Grobler het die spesiale bronsmedalje ontvang vir haar deelname, vordering en toegewydheid aan die klub en fotografie in die algemeen.
Die skyfievertoningwenners was soos volg: Eerste - Chris Daly, tweede - Paul Rixom en derde - Roelien du Preez.
Alle belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit. Vir meer inligting, kontak die skakelbeampte, Tillie Nel by 084 506 4977.

"Lonely Bluegum" deur Louwtjie Burger (tweede in Junior Ope).

"Hypnotic Eyes" deur Chris Daly (derde in Senior Ope).